Grusaam: Die dade en geweldenaars wat Suid-Afrika geruk het
De Wet Potgieter
Grusaam: Die dade en geweldenaars wat Suid-Afrika geruk het
De Wet Potgieter
Grusaam b.nw. veroorsaak afsku, walging; afgryslik. Informeel geweldig onaangenaam. Oorsprong 16de eeu van die Skotse grue: Om afgryse te voel; sidder, van Skandinawiese oorsprong. In hierdie boek loop die ondersoekende joernalis De Wet Potgieter terug op die spore van ‘n klomp geweldenaars in Suid-Afrika se geskiedenis. Die geweldsmisdade, wat van die laat tagtigerjare tot in die nuwe millennium gepleeg is, wissel van fanatiese verregses wat medeburgers koelbloedig afmaai, tot geweldenaars wat hoeprofiel-staatsmoorde gepleeg het. Hy neem die leser tot agter die skerms van die mees omstrede voorvalle in ons land. Met sy onverskrokke skryfstyl trek Potgieter jou midde-in die sake in. In Grusaam deel hy inligting wat nog nie voorheen openbaar gemaak is nie. Wat het werklik die nag van 17 Junie 1992 in Boipatong gebeur? Wat was die dryfkrag agter die gru-aanval op Alison Botha? Wat het van die doodgewone polisieman Andre Stander 'n gewetenlose bankrower gemaak? Wie het eerste die verband tussen Gert van Rooyen se slagoffers en 'n moontlike mensehandelsaak raakgesien? Potgieter vertel hoe hy as joernalis te werk gegaan het om verslag te doen oor elk van die grusame sake. Hierdie boek neem jou terug na die bloedige koerant-opskrifte van gister.
This item is not currently in-stock. It can be ordered online and is expected to ship in approx 4 weeks
Our stock data is updated periodically, and availability may change throughout the day for in-demand items. Please call the relevant shop for the most current stock information. Prices are subject to change without notice.
Sign in or become a Readings Member to add this title to a wishlist.