Plaasmoord
Karin Brynard
Plaasmoord
Karin Brynard
This title is printed to order. This book may have been self-published. If so, we cannot guarantee the quality of the content. In the main most books will have gone through the editing process however some may not. We therefore suggest that you be aware of this before ordering this book. If in doubt check either the author or publisher’s details as we are unable to accept any returns unless they are faulty. Please contact us if you have any questions.
Plaasmoorde het nooit juis vasstrapplek gekry in die ylbevolkte Noord-Kaap nie - maar dan word Freddie Swarts, ‘n dertigjarige opkomende skilder, en haar aangenome dogter aaklig vermoor. Speurder-inspekteur Albertus Beeslaar, pas uit Johannesburg verplaas om 'n nuwe veediefstal-eenheid op die been te bring, moet die hoeprofiel-plaasmoord oplos. Maar daar’s komplikasies. Een van hulle is Saar Swarts, die vermoorde Freddie se suster. Buiten skok en hartseer probeer Saar ook haar skuldgevoel jeens haar suster verwerk. In die proses kom sy af op Freddie se skilderye waarin sy haar eie moord in skokkende realiteit uitbeeld, en ontdek sy briewe van 'n regse politieke groep met doodsdreigemente teen Freddie. Boonop begin sy vermoed dat Freddie se nuwe voorman nie is wie hy voorgee om te wees nie. Saar se grootste uitdaging raak nou om die res van die mense om haar te oortuig dat die moord op Freddie en haar kind nie 'n plaasmoord in die gewone sin van die woord was nie. En sy sweer sy sal nie rus voor sy nie die ware moordenaar/s opgespoor het nie. Beeslaar, daarenteen, se grootste stryd is teen homself: Hy’s net nie meer die gatskop-polisieman van vroeer nie…Kort voor lank word hy en Saar ingetrek by bisarre gebeure soos die moord op 'n bobbejaan, 'n veediefstal-sindikaat wat sangoma’s inspan, 'n groep boere-vigilantes wat oorlog verklaar teen die geweld in die land. ..En uiteindelik nog 'n moord…
This item is not currently in-stock. It can be ordered online and is expected to ship in 7-14 days
Our stock data is updated periodically, and availability may change throughout the day for in-demand items. Please call the relevant shop for the most current stock information. Prices are subject to change without notice.
Sign in or become a Readings Member to add this title to a wishlist.